Kuilvoer is die mees algemeenste metode van grootskaalse preservering van ruvoer in die wêreld. Soet-voersorghum kuilvoer, soos hierdie kwaliteit produk van Winterstorm Investments, is ook een van die algemeenste gewasse wat ingekuil word. Kuilvoer kan baie lank bewaar bly en rekords van meer as 20 jaar is al aangeteken. In vergelyking met hooi, het kuilvoer baie laer verliese met langtermyn stoor en tydens uit-voer.
Heel plante word ge-oes wanneer dit nog groen, nat en smaaklik is. Dit word dan volledig geprosesseer in spesifieke kerf-lengtes vir optimale benutting deur n verskeidenheid van vee-spesies, en dan gefermenteer. Die sny-stadium is belangrik omdat dit die gewas vasvang in ‘n optimale groei-stadium wat betref voedings-kwaliteit en kwantiteit. Die resultaat is ‘n natuurlik gebalanseerde voer wat betekenisvolle vlakke van proteïene, energie, vesel en minerale bevat. Seisonaal-geproduseerde gewasse kan op hierdie manier gestoor word teen optimale voedings kwaliteit en uitgevoer word vir die res van die jaar. Die kuilvoer van Winterstorm Investments is op hierdie hoë standaard gesny en verpak.
Die basiese vereistes van fermentasie ten einde voer te stoor, is die eliminering van suurstof, en pH verlaging (toename in suurheidsgraad). Bederfs-organismes soos wilde giste, swamme en sekere bakterië word inhibeer in ‘n anaërobiese omgewing (sonder suurstof) en by lae pH. As beide hierdie preservering vereistes nagekom word, sal die voer nie bederf deur te muf nie en sal dit vars en smaaklik wees wanneer die sak oopgemaak word; gereed om uit te voer.
Sekondêre fermentasie is die proses van bederf wat intree na kuilvoer uit die beskermende plastiek gehaal word. Enige skade aan, of gaatjies in die sakke het dieselfde effek om die bederfs-proses te begin. As die sak oopgemaak of beskadig is, sal die kuilvoer uiteindelik begin warm word en muf soos enige ander kuilvoer; en daarom moet dit so gou moontlik gevoer word. Deel van die voordeel van hierdie kuilvoer sakke van Winterstorm Investments is om klein hoeveelhede op n slag te kan oopmaak en dit vars te voer elke keer, voor enige agteruitgang plaasvind.
Vir kuilvoer om suksesvol te preserveer, moet die voer se pH drasties verlaag. Melksuur is die hoof newe-produk van die mees aktiewe groep mikro-organismes in kuilvoer, naamlik die melksuur bakterieë (lactic acid bacteria: LAB); wat hierdie pH verlaging tot gevolg het. Laktaat word geproduseer uit glukose d.m.v LAB en dit is een van min fermentasie prosesses wat nie n gas produseer nie.
Maar, wanneer enige van die verskeie ander vinnig fermenteerbare koolhidrate buiten glukose, waarvan die heel belangrikste: fruktose, gefermenteer word; word koolsuurgas (CO2) geproduseeer. Dit is die hoof gas wat vry kom uit kuilvoer fermentasie en vorm ‘n belagrike deel van droë materiaal (DM) verliese uit primêre fermentasie.
Die basiese padweg van LAB soos dit glukose omskakel na laktaat is as volg:
glukose + 2 ADP + 2 Pyruvaat → 2 laktaat + 2 ATP glukose + 2 ADP + 2 Pyruvaat → 2 laktaat + 2 ATP
Omdat kuilvoer n gefermenteerde voer is, is dit baie smaaklik vir al die herkouer vee-spesies. Die positiewe olfaktoriese reaksie kom vanaf die soet, vrugtige reuk en smaak van melksuur en die vlugtige vetsure soos asynsuur en propionsuur. Kuilvoer is ‘n uitstekende aanvullende voedings bron tot ‘n verskeidenheid diëte en voedings strategië, maar kan ook op sy eie gebruik word as volledige onderhouds-voer of as aanvulling op veld. Wanneer kuilvoer buite op veld of aangeplante weiding gevoer word, kan die vee dit nogal goed benut en tel hulle die meeste partikels op a.g.v die onderskeidende reuk. Dit lei tot heelwat minder verliese in vergelyking met hooi.
Die enigste moontlike beperking tot inname van kuilvoer is gedurende aanpassing. Met vee wat totaal vreemd vir die reuk en smaak van kuilvoer is, kan ‘n suksesvolle geleidelike aanpassing vanaf hul huidige voer na kuilvoer suksesvol gedoen word oor ongeveer ‘n week.
Dit word sterk aanbeveel dat hooi of natuurlike veld-weiding nooit heeltemaal verwyder word nie aangesien die diere steeds hul inname potensiaal hiermee kan bereik, veral wanneer kuilvoer beperkend gevoer word. Natuurlik, waar moontlik moet ‘n goed gebalanseerde dieët soos geformuleer deur n diere-voedingkundige altyd gevoer word.
Kuilvoer word algemeen gebruik in die voeding van herkouers soos vee en wildsbokke; maar selfs perde, varke en renosters kan dit benut in sekere hoeveelhede.
Winterstorm kontrakteur n internasionale kuilvoer produksie doeltreffendheid konsultant, Richardt Venter, van Agsci Unlimited. Hy monitor, evalueer en ouditeur die hele Winterstorm kuilvoer produksie proses ten einde kwaliteit te waarborg
Omdat kuilvoer ‘n gefermenteerde voer is, is dit baie smaaklik vir al die herkouer vee-spesies.
Die positiewe olfaktoriese reaksie kom vanaf die soet, vrugtige reuk en smaak van melksuur en die vlugtige vetsure soos asynsuur en propionsuur.
Kuilvoer is ‘n uitstekende aanvullende voedings bron tot ‘n verskeidenheid diëte en voedings strategië, maar kan ook op sy eie gebruik word as volledige onderhouds-voer of as aanvulling op veld. Wanneer kuilvoer buite op veld of aangeplante weiding gevoer word, kan die vee dit goed benut en tel hulle die meeste partikels op a.g.v die onderskeidende reuk. Dit lei tot heelwat minder verliese in vergelyking met hooi.
Die enigste moontlike beperking tot inname van kuilvoer is gedurende aanpassing. Met vee wat totaal vreemd vir die reuk en smaak van kuilvoer is, kan ‘n suksesvolle geleidelike aanpassing vanaf hul huidige voer na kuilvoer suksesvol gedoen word oor ongeveer ‘n week.
Dit word sterk aanbeveel dat hooi of natuurlike veld-weiding nooit heeltemaal verwyder word nie aangesien die diere steeds hul inname potensiaal hiermee kan bereik, veral wanneer kuilvoer beperkend gevoer word. Natuurlik, waar moontlik moet ‘n goed gebalanseerde dieët soos geformuleer deur n diere-voedingkundige altyd gevoer word.
Kuilvoer word algemeen gebruik in die voeding van herkouers soos vee en wildsbokke; maar selfs perde, varke en renosters kan dit benut in sekere hoeveelhede.
Kuilvoer is die mees algemene metode van grootskaalse preservering van ruvoer in die wêreld. Soet-voersorghum kuilvoer, soos hierdie kwaliteit produk van Winterstorm Investments, is ook een van die algemeenste gewasse wat ingekuil word.
Kuilvoer kan baie lank bewaar bly en rekords van meer as 20 jaar is al aangeteken. In vergelyking met hooi, het kuilvoer baie laer verliese met langtermyn stoor en tydens uit-voer.
Laai gerus ons Kuilvoer gids hier af :